Laat registrasie vir Graad 8 in 2027: SMART ADMIT is oop tot 30 November 2026 om 23:59. Hoe om aansoek te doen
Geskiedenis van Hoërskool Ellisras
Van ’n rietgeboutjie in 1896 tot die skool van vandag.
“Ellisras se hoër, die blom van ons Waterbergland.”
Uit ons skoollied
1896
Die eerste skool
Die heel eerste skool op Ellisras, toe Waterkloof genoem, begin in ’n rietgeboutjie op die presiese plek waar die Palmpark Hotel vandag staan.
1934
Die tweemanskooltjie
Nadat die eerste skool weens die moeilike omstandighede van daardie tyd doodgeloop het, ontstaan ’n tweemanskooltjie, die Waterkloof Skool, ongeveer 400 m suid van die Ellisras Hotel. Dit gaan tot by standerd ses.
1942
105 leerlinge en 'n storm
Die inskrywings styg vinnig en ’n hout- en sinkklaskamer en ’n tentlokaal word opgerig. In Januarie 1942 begin die skool met 105 leerlinge, tot ’n groot storm losbars en die tentlokaal wegwaai.
1947
Waterkloof Sentrale Skool
Die Waterkloof Sentrale Skool kom tot stand, ook tot standerd ses. Dit is die huidige Laerskool Ellisras.
1958
Middelbare onderwys
Op 18 Julie 1952 bespreek die skoolkomitee die moontlikheid van middelbare onderwys. In 1958 word die ideaal verwesenlik en staan die skool bekend as Waterkloof Groep II Skool.
1962
Die eerste matrieks
Die eerste 21 leerlinge matrikuleer op Ellisras.
1964
Hoërskool en laerskool
Die skool verdeel in Ellisras Hoërskool en Ellisras Laerskool, met ’n gesamentlike inskrywing van 363. Capital Construction bou sedert 1 Mei 1963 die hoërskool se geboue.
1966
Die nuwe geboue
Met die opening van die skole in Januarie 1966 is die geboue voltooi en betrek. JP de Beer, sedert 1965 waarnemende hoof, word as hoof aangestel.
1969
Sportvelde
PJC van Dyk word die volgende hoof, en die intensiewe beywering vir sportvelde begin.
1980
Eskom kom na Ellisras
Eskom kondig ’n kragsentrale by Ellisras aan, en die nuwe ontwikkeling word met groot verwagting begroet. Teen Augustus 1981 word huise vir Eskom-werkers gebou en groei die skool tot 360 leerlinge.
2018
'n Nuwe hoofstuk
Onder leiding van mnr. Louis Campbell spog die skool met prestasies op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak. Ná sy aftrede word mnr. Adriaan Joubert in 2018 as hoof aangestel.